Wildritte word op aanvraag onderneem - skemerkelkies moet vooruit gereël word. Die uitkykpunt is ten volle toegerus met ‘n kroeg- en braaigeriewe.
Die wildritte asook die uitkykpunt fasiliteite is beskikbaar vir dagbesoekers en moet vooraf bespreek word.
Daar is 19 spesies wild te besigtig op die vlaktes onder meer kameelperde, koedoes, elande, gemsbokke, bruin-, swart- en wit springbokke, bruin- en wit-blesbokke, rooibokke, zebras.